Willie le Roux het sy kontrak met Verblitz verleng

 Willie le Roux het sy kontrak met Verblitz verleng

Die ervare Springbok-heelagter Willie le Roux het sy kontrak met Verblitz, sy Japannese klubspan, verleng.

Le Roux het die nuus op sosiale media gedeel sonder om veel besonderhede te verskaf.

Die 31-jarige Le Roux het sy internasionale buiging in Junie 2013 teen Italië gemaak en 61 toetse vir die Bokke gespeel.

Hy het Wasps in Engeland verlaat en hom by Verblitz aangesluit ná afloop van Suid-Afrika se suksesvolle veldtog by die Wêrelbekertoernooi in 2019.

LeandreAdmin@