Stygende watervlakke in die Oranjerivierrigting veroorsaak toenemende skade aan wingerde in die Benede-Oranjerivierstreek in die Noord-Kaap.
SABC News berig wynboere is veral bekommerd oor wingerde wat reeds onder water is.
Voorsitter van die Oranjerivier-produsentevereniging, Gabriel Viljoen sê wingerde wat langer as twee weke onder water bly, vrek en sal teen groot koste vervang moet word.
Boere vrees ‘n herhaling van die verwoestende 1998-vloede.
’n Bekommerde boer van Upington, Johannes Louw, sê hoewel die huidige druiwe-oes reeds ingesamel is, word volgende jaar se oes bedreig as die vloed grond en infrastruktuur beskadig.
Agri Noord-Kaap waarsku dat swak vloedmure ‘n risiko inhou indien water landbougrond en wingerdplase wegspoel.
Die situasie word noukeurig gemonitor.