Daar is nog ‘n paar borgtogaansoeke van die Louis Liebenberg-saga wat opgeruim moet word, maar beleggers en selfs ministers wat met groot winste weggestap het, sal dit moontlik moet terugbetaal.

Netwerk24 berig Liebenberg, sy vrou Dezzi, en sewe ander beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery en rampokkery, met slegs drie wat borgtog gekry het.

Indien die skema as ‘n onwettige ponzi-skema verklaar word, sal winste waarskynlik terugbetaal moet word.

Advokaat Francois Botes, ‘n spesialis in litigasie, verduidelik dit sal verpligtend wees om winste uit so ‘n skema terug te betaal.

Beleggers het groot bedrae betaal vir ongeslypte diamante wat nooit afgelewer is nie.

Botes waarsku wanneer skemas te goed klink om waar te wees, dit meestal die geval is.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×