Die 95 Libiese burgers wat by Witrivier in hegtenis geneem is, sal in aanhouding bly terwyl hul saak tot 5 Augustus uitgestel is. Die ondesoek duur voort terwyl die regsverteenwoordigers ‘n tolk bekom. Intussen is hulle visums gekansselleer en is hulle nou onwettig in die land.

Rosestad-nuus het Maandag berig dat alle werksaamhede by Milites Dei Security Services by Witrivier gestaak is nadat 95 Libiese burgers daar in hegtenis geneem is.

LEES MEER: Onwettige militêre opleiding is glo by die Witrivier-kamp aangebied

Senzo Mchunu, minister van polisie, het intussen die opleidingskamp in Mpumalanga besoek. Mchunu sê dit kom voor of militêre opleiding gegee is onder die dekmantel van sekuriteitsopleiding.

Rapport berig mense het glo onder meer spesiale fiksheidsopleiding gekry indien hulle by die French Foreign Legion wou aansluit. ‘n Spesiale polisietaakspan het op die perseel toegeslaan, nadat toegang aan PSiRA, die nasionale reguleringsowerheid van die private sekuriteitsbedryf, geweier is

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×