Woede oor vals nuus oor plaasbrande

Landbouleiers sê vals boodskappe op sosiale media en foto’s wat glo bewys dat brandstigters boere in brandgeteisterde gebiede teiken, verhinder hulpverleningspogings en stook onnodige vrees en haat. Minstens 200-duisend hektaar weiveld is in brande in groot gedeeltes van die westelike Vrystaat, die Noord-Kaap en Noordwes verwoes. Volgens die Sondagkoerant Rapport  kon geen bewyse van brandstigting of polities-geïnspireerde aanvalle gevind word nie, behalwe vir bewerings oor ’n brand by Hertzogville in die Vrystaat.  Intussen is ’n 36-jarige boer van Schweizer-Reneke in ‘n stabiele toestand na hy 55-persent brandwonde opgedoen het terwyl hy wegholveldbrande in Noordwes bestry het. Wimpie Koenig het verlede week van sy skoonpa se bakkie in die Malia-distrik afgeval. Hy het op smeulende bosse gras te lande gekom en ernstige brandwonde opgedoen. ’n Ambulans het Koenig na ’n hospitaal op Klerksdorp gehaas waar hy glo goeie vordering maak.

Luister na potgooie hieronder