Pla die ekstra vetjies dalk so hier aan die einde van die winter? Jy is nie alleen nie.

Die uitgesproke nuwe minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie vat bietjie vas – en nooi die landsburgers om ook in te spring.

IOL berig dat McKenzie onlangs sy eie gewigsverliesplan begin het – en nadat hy gesien het hoe positief mense reaggeer op sy sosiale media plasings waar hy stap, het hy besluit om dit in ‘n spansport te verander met die sogenaamde #WednesdayWeight.

Hy sê hy het besluit om sy regime ‘n stap verder te neem, met ‘n “Wednesday Weigh-in” waar almal genooi word om op hul skaal te klim en ‘inweeg’.

In ‘n nuwe video sien mens vir McKenzie wat op ‘n skaal klim wat wys hy het al ‘n paar kilos afgeskud. Dit het glo alles begin toe hy as minister ingesweer is en nie sy baadjie kon toe knoop nie.

So… gaan haal jou skaal!

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×