Ekonome voorspel dat die landwye staking wat vir Woensdag beplan word, die ekonomie verder sal benadeel. Deur middel van ‘n landwye staking probeer die vakbondfederasies COSATU en SAFTU hul woede en frustrasie uitspreek teenoor die stygende lewenskoste, meedoënlose kragonderbrekings, hoë brandstofpryse en werkloosheid. Eyewitness News berig die ekonoom, Isaac Matshego, het gesê deur die strate in te vaar, kan die einste ekonomie wat die vakbonde probeer beskerm, nog verder gedestabiliseer word. Die ekonoom, Dale McKinley, het gesê die staking sal waarskynlik ‘n gedeelte van sekere nywerhede of sekere stedelike gebiede tot stilstand bring en ‘n redelike impak hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×