Die koshandelaar Woolworths sê hy is bewus van die deurlopende polisie-ondersoek na die ontdekking van ‘n fabriek vir vervalste goedere waarby geblikte gebrandmerkte Lucky Star-pilchards in Woolworths-handelsmerk bokse betrokke was.

IOL berig verdagtes het vroeër die week in die hof verskyn nadat hulle deur die polisie in Gauteng in hegtenis geneem is tydens ‘n klopjag by ‘n fabriek. Werkers was glo besig om datums op vervalde Lucky Star-ingemaakte vis te verander en dan dan te verpak.

LEES MEER: Vals Lucky Star ingemaakte-visfabriek verander vervaldatums

Woolworths sê hy glo die ingemaakte vis is deel van substandaard ingevoerde besending wat na Suid-Afrika ingevoer is, wat hy geweier het om te neem.

Woolworths sê in die geval van ‘n produk wat afgekeur word, word dit die onmiddellike verantwoordelikheid van die verskaffer om die voorraad van Woolworths-pakhuise te verwyder. Die maatskappy het in ‘n verklaring gesê hulle het hul eie ondersoek van stapel gestuur om vas te stel hoekom hierdie proses nie in hierdie geval nagekom is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×