WPRFU het Ronald Bantom verkies tot die nuwe vise-president vir die Unie

Die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie (WPRFU) het Ronald Bantom verkies tot die nuwe vise-president vir die Unie.

Luidens ‘n verklaring deur WPRFU is Bantom op Maandag se algemene vergadering verkies.

Bantom was die enigste kandidaat wat die lede van die WPRFU genommineer het.

Hy is ‘n ervare rugbyadministrateur wat verskillende poste in die sportbedryf beklee het, Bantom was
ook n sy professionele loopbaan ‘n skoolhoof.

Huidige president Zelt Marais het die verkiesing van Bantom tot die amp verwelkom.

Marais is vol vertroue dat Bantom die nodige vaardighede na die Unie sal bring.

Luister na potgooie hieronder