Wyksraadslid van Mpumalanga vas na moord op 7 mense

‘n Wyksraadslid van die Emalahleni plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga in
die Oos-Kaap het in die hof verskyn het in verband met die moord op sewe mense by
Lady Frere, en bly in aanhouding. Vier van die sewe is lewend verbrand in die aanval
en twee is opgehang. Die Sewende slagoffer het in ‘n hospitaal aan sy beserings
beswyk. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê Hluphekile Bobotyane het in Cacadu se
landdroshof verskyn op vyf aanklagte van moord. Nog vier mans wat met die voorval
verbind word is deur die polisie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Die NVG
beskryf die moorde as ‘n voorval van boendoegeweld. Dit is nog nie bekend wat
daartoe aanleiding gegee het nie. Die beskuldigdes sal na verwagting volgende
Vrydag om borgtog aansoek doen.

Luister na potgooie hieronder