Die weduwee van die ontslape Bloemfonteinse rolprentvervaardiger Boet Troskie, betwis die geldigheid van sy laaste testament.

Netwerk24 berig Boet, wat in Desember 2022 in die ouderdom van 86 oorlede is, bemaak volgens sy laaste testament nie ‘n luukse woning in Waverley aan sy weduwee nie.

Met haar aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein, voer die 55-jarige Tracy Troskie aan dat Boet glo nie by sy volle verstand was, toe hy die testament in Augustus 2022
onderteken het nie.

Tracy het die afgelope nege jaar in die huis gewoon. Die huis is luidens Boet se testamente, wat onderskeidelik in 2018, 2019 en 2021 onderteken is, aan Tracy bemaak.

Tracy vra dat die hof die 2021-testament geldig verklaar. Hiervolgens erf sy die huis, asook 40% van Boet se rolprent-tantieme.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×