Die oud-Bloemfonteiner, wyle Elsje Neethling se “dapper en kleurvolle lewe,” word volgende Vrydag by ‘n gedenkdiens in die Paarl gevier.

In sosialemedia-plasings van Ryk Neethling, Elsje se broer, word mense gevra om helderkleurige uitrustings vir die geleentheid te kies.

Die 43-jarige Elsje se lewe, asook haar jarelange moedige stryd teen kanker, dien as inspirasie vir mense van regoor die wêreld.

Breinkanker is by haar gediagnoseer toe sy 13 jaar oud was.

Medici het haar destyds slegs ‘n paar weke gegee om te leef. Elsje is op 23 Desember oorlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×