Van die grootste wynproduserende streke in die wêreld, van Australië en Kalifornië tot Frankryk, Spanje en Italië, is teen tyd gewikkel om aan te pas by klimaatsverandering. AFP berig heelwat wingerde word oorgeplant omdat klimaatsverandering na verwagting minder, maar meer fel reënval in hierdie dele van die wêreld gaan veroorsaak. Die suidelike punt van Afrika is geen uitsondering nie.
Rosa Kruger, ‘n wynbou-konsultant van die Kaapse wynlande, het aan Maroela Media gesê wingerde word reeds herplant en dit gaan tot vier jaar neem voor dit in produksie kom. Kruger verduidelik dit is ‘n ingewikkelde proses met dreineringstelsels om reënwater te versamel wat in droogtetye kan help. Sy sê die klimaat is reeds wisselvallig en dit gaan nie beter raak nie.