‘n Voormalige bestuurder van Kango Wyne, Johan Brits, se appél teen sy ses jaar vonnis omdat hy ‘n brousel met wyn gemeng en verkoop het, het na vele probeerslae misluk.

Die 55-jarige Brits is in 2015 op 23 aanklagte van bedrog en twee vir die oortreding van die drankwet in die streekhof in Oudtshoorn skuldig bevind. Die saak het tot in die appélhof gedraai. Brits het in 2009 wyn met gis en suiker gemeng en aan die publiek as wyn verkoop sonder die medewete van die maatskappy. Brits moet dus nou sy ses jaar gevangenisstraf begin uitdien. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×