Wynprodusente van reg oor die wêreld gaan onder abnormale weerpatrone gebuk.
Dit het daartoe gelei het dat internasionale wynproduksie nou op sy laagste vlak sedert 1961 is.
‘n Groot aantal produsente in die suidelike halfrond toon ook erge dalings. Wynproduksie in Suid-Afrika, Australië, Argentinië, Chili en Brasilië is tot soveel as 30% minder.
Frankryk is nou die wêreld se grootste wynprodusent.
Dít nadat Italië se uitset met 12% geval het.
Hoewel Spanje se produksie met 14% gedaal het, bly hy die derde grootste wynmaker ter wêreld.