Xander Bylsma gaan hom nou tot die Appèlhof in Bloemfontein wend

Xander Bylsma gaan hom nou tot die Appèlhof in Bloemfontein wend in ‘n poging om sy skuldingbevinding en lewenslange vonnis te probeer omkeer.

Bylsma is skuldig bevind aan die moorde op Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hulle koshuis by die Stella Hoërskool in Mei 2018.

Bylsma hou egter vol dat hy onskuldig is.

Regter Ronald Hendricks het in Februarie verlede jaar bevind dat Bylsma was gevoelloos en wreed, hy het ook Bylsma se bekentenis en uitwysings na die moorde aanvaar as bewysstykke.

Hierin het Bylsma in besonderhede beskryf hoe hy Sharnelle eers gewurg en toe aan ‘n trapreling opgehang het terwyl sy nog leef.

In sy beskrywing het hy ook erken hy het Marna versmoor.

Jaloesie is aangevoer as motief vir die moorde nadat Sharnelle en Bylsma se verhouding tot ‘n einde gekom het.

Luister na potgooie hieronder