Xander Bylsma se petisie na die appèlhof in Bloemfontein misluk

Xander Bylsma wat in Februarie 2020 skuldig bevind is aan die moorde van Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht se petisie na die appèl-afdeling van die hooggeregshof in Bloemfontein het ook misluk.

Dit volg nadat sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis vanjaar in die hooggeregshof in Mmabatho ook misluk het.

Netwerk24 berig die motief vir die moorde jaloesie en woede omdat Sharnelle nie met Bylsma wou opmaak nadat hulle verhouding beëindig is nie.

Bylsma is tweekeer lewenslange tronkstraf opgelê. Sharnelle en Marna is in hul koshuis by die Hoërskool Stella verwurg.

Sy regspan gaan hulle nou tot die president van die appèlhof wend om aansoek te doen vir spesiale verlog tot appèl.

Luister na potgooie hieronder

Luister na potgooie hieronder