Zac Guildford is wettig ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy ’n vrou met die vuis geslaan het

 Zac Guildford is wettig ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy ’n vrou met die vuis geslaan het

Zac Guildford is wettig ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy ’n vrou met die vuis geslaan het.

Netwerk24 berig die voorval het in Desember 2019 in ’n voertuig gebeur toe Guildford uiters dronk was.

Die voorval is deur die regter as “barbaars en afgryslik” beskryf.

Die 32-jarige het ’n onstuimige loopbaan beleef weens alkoholmisbruik en probleme met sy geestesgesondheid.

Hy het misluk met sy appèl teen sy vonnis, wat intensiewe toesig van twee jaar behels.

Guildford se naam is tot nou toe, ingevolge Nieu-Seelandse regsprosedures, geheim gehou ingeval hy weer teen die hofbeslissing wou appelleer.

In ’n onderhoud met Stuff het hy erken hy het besluit om nie weer te appelleer nie omdat hy sy “masker” wou verwyder.

LeandreAdmin@