Die polisie van Memel (Oos Vrystaat) het ‘n jong verdagte man in hegtenis geneem van Zamani wat vermoedelik twee sussies van agt- en elf-jaar-oud in sy plakkershut verkrag het.

Die verdagte, wat ook hul buurman is en bekend is aan die familie, het die sussies glo geld aangebied om stil te bly oor die voorval, maar die ouer sussie het wel dit aan hulle ma gaan vertêl.

Die ma het dadelik die dogters vir ‘n mediese ondersoek na ‘n dokter geneem terwyl die verdagte ook in hegtenis geneem is.

Hy word Dinsdag in die hof in Vrede verwag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×