Zane Killian verskyn vandag in die Belville-landdroshof vir sy aansoek om borgtog

Zane Killian, die voormalige rugbyspeler, wat daarvan aangekla word dat hy na bewering die polisiebeampte Charl Kinnear vermoor het, sal na verwagting vandag in die Belville-landdroshof aansoek om borgtog doen. Hy staan ook tereg op aanklagte van onwettige meeluistering en bedrog. Die staat staan die aansoek teen. Kinnear is buite sy huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Killian is twee dae ná die moord vasgetrek.

Luister na potgooie hieronder