Die Oekraïense president, Volodymyr Zelenski, beplan om Suid-Afrika op 10 April te besoek.

Volgens die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, is die besoek deel van voortgesette samesprekings tussen president Cyril Ramaphosa, Rusland se president Vladimir Poetin en Zelenski oor ’n inklusiewe vredesproses vir Rusland en Oekraïne.

Reuters berig hoewel Oekraïne lank op ’n uitnodiging gewag het, is dit eers onlangs bevestig. Ramaphosa en Zelenski het vroeër vanjaar by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos vergader om die besoek te bespreek.

Die aankondiging volg ná ’n gespanne ontmoeting tussen Zelenski en die Amerikaanse president Donald Trump, waarna die VSA hul militêre hulp aan Oekraïne tydelik opgeskort het.

Europese leiers probeer nou hul steun aan Oekraïne versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×