’n Oekraïense bron het aan Reuters gesê die missiel wat minstens agt mense in ’n Russiese lugaanval op Kijif doodgemaak het, was ’n Noord-Koreaanse KN-23 ballistiese missiel.
Volgens News24 het die aanval die Oekraïense president, Volodymyr Zelenski, se besoek aan Suid-Afrika Donderdag kortgeknip voordat hy na Kijif teruggekeer het.
Reuters berig verder die missiel het ’n woonstelgebou getref.
Sowat 10 mense is steeds vermis.
Rusland beweer slegs militêre teikens is geteiken.
Oekraïne beweer Noord-Korea het reeds byna 150 missiele aan Rusland voorsien, saam met ander wapens en soldate.
Kijif het sewe missiele ná die aanval as Iskander-M of KN-23 geïdentifiseer.
Noord-Korea se betrokkenheid het by Europese lande en Asiatiese bondgenote van Suid-Korea kommer gewek.