Zimbabwe het aangekondig dat ’n eerste betaling van drie miljoen Amerikaanse dollar gemaak is aan boere wie se plase vroeër onder ’n omstrede grondhervormingsprogram gekonfiskeer is.

BBC berig dat dit volgens die regering deel is van ’n 2020-ooreenkoms om 3,5 miljard Amerikaanse dollar aan voormalige grondeienaars te betaal.

Die eerste bedrag dek byna 380 van die 740 goedgekeurde eise en verteenwoordig 1% van die eerste uitbetalingsgroep.

Die res sal deur Tesourie-effekte betaal word. Zimbabwe se minister van finansies sê dit vorm deel van ekonomiese hervormings en skuldvereffening.

Grondhervorming het in die jaar 2000 versnel onder Robert Mugabe en verhoudings met die Weste verswak.

Die huidige president, Emmerson Mnangagwa, probeer nou internasionale bande herstel en sê vergoeding is belangrik vir dié proses.

error: Inhoud is beskerm !!