Zimbabwe gaan vandeesweek meer as 5 000 ton mieliemeel van Suid-Afrika ontvang

Zimbabwe gaan vandeesweek meer as 5 000 ton mieliemeel van Suid-Afrika ontvang.

Na verwagting sal die minister van Buitelandse Sake, Naledi Pandor, Dinsdag die oorhandiging in Harare bywoon saam met President Emmerson Mnangangwa.

Die mieliemeel is bestem vir die slagoffers van die sikloon Idai.

Suid-Afrika se humanitêre hulp deur middel van die Afrika-Renaissance-samewerkingsfonds beloop R50 miljoen rand.

Luidens berigte bestaan die skenking uit 450 000 sakke mieliemeel van 12,5 kilogram elk.

Die sikloon Idai het in 2019 groot verwoesting in Suider-Afrika aangerig en meer as 1 000 lewens geëis in Zimbabwe, Mosambiek en Malawi.

Luister na potgooie hieronder