Die president van Zimbabwe, die 80-jarige Emmerson Mnangagwa, meen ‘n weghol-oorwinning is sy voorland na afloop van môre se presidensiële verkiesing.
Die opposisieparty-leier, Nelson Chamisa, van die Citizens Coalition for Change, glo Mnangagwa se doppie is geklink.
Sou Mnangagwa wél wen, sal dit ingevolge Zimbabwe se Grondwet, sy laaste van twee ampstermyne beteken.
Ondersteuners het reeds voorbrand begin maak vir die wetgewing om te verander.
Mnangagwa het volgens africanews.com gesê gebede van ‘n kerkgroep sal die weg vir sy derde termyn as president baan.