Die Zimbabwiese regering sê hy is daartoe verbind om oor doeltreffende grensbestuur by Suid-Afrika te leer. Die afgetrede Zimbabwiese ambassadeur, luitenant-generaal Nichola Mahuhuba, sê die buurland beoog ‘n wetsontwerp om sy grensbestuur op te skerp, en te reguleer.
Die Suid-Afrikaanse grensbestuursowerheid sal na verwagting riglyne vir die wetsontwerp verskaf.
Die gesprek volg kort op die hakke van twee voorvalle wat moontlik met mensehandel tussen Suid-Afrika en Zimbabwe verband kan hou.
In een van die voorvalle is daar gepoog om meer as 400 kinders, almal jonger as agt, by die Beitbrug-grenspos in Limpopo, vanaf Zimbabwe die land binne te bring.
Die kinders is in 42 busse vervoer. Hulle het geen reisdokumente gehad nie, en was ook nie deur ouers of voogde vergesel nie.