Die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, wat van korrupsie aangekla word, sal as parlementslid (LP) terugkeer.
Kodwa is onder die 58 LP’s van die MK-party wat vandeesweek ingesweer word.
Suid-Afrika se eerste vervolgde regterpresident, John Hlophe, het bevestig dat hy onder die MK-LP’s sal wees wat Dinsdag ingesweer word. Kodwa, wat daarvan beskuldig word dat hy een-komma-ses miljoen rand se omkoopgeld ontvang het wat verband hou met EOH Holdings-kontrakte, het uit die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee bedank. News24 berig dat beide Kodwa en die voormalige EOH-direkteur, Jehan Mackay, elk uit is op borgtog van 30-duisend rand.
Intussen hoop ActionSA en vele politieke partye vir vaardige kandidate om die polisieministerie te vul.