Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het onmiddellik uit die amp bedank, nadat hy Woensdagoggend in die Palm Ridge-handelshof in Gauteng verskyn het. Kodwa het saam met sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, verskyn vir beweerde korrupsie.
Kodwa het glo as adjunkminister van Staatsveiligheid – tussen 2015 en 2017 – onregmatige betalings, en luukse verblyf ter waarde van twee miljoen rand van Mackay ontvang. Die saak spruit uit aanbevelings voort, wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping vervat is.
Die hof het borgtog van R30 000 aan albei beskuldigdes toegestaan.