Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het vanoggend in die Palm Ridge-landdroshof verskyn, in verband met bewerings dat hy omkoopgeld van meer as twee miljoen rand ontvang het. Die moontlikheid dat Kodwa strafregtelik vervolg kan word, spruit uit aanbevelings wat in die Zondo-kommissie se staatskapingverslag vervat is.

Die omkopery het glo gedurende Kodwa se ampstermyn as adjunkminister van staatsveiligheid plaasgevind, toe hy na bewering onregmatige betalings, asook luukse verblyf, van ʼn sekere direkteur van E.O.H Holdings ontvang het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×