Die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het vertoë by die Gautengse direkteur van openbare vervolging gerig om die aanklagte teen hom terug te trek.
Kodwa het vandag vlugtig saam met sy medebeskuldigde, Jehan MacKay, in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn.
Hy staan tereg op aanklagte van korrupsie nadat hy na bewering omkoopgeld ter waarde van een-komma-sewe-miljoen rand van MacKay ontvang het in ruil vir staatskontrakte.
Kodwa se prokureur, Zola Majavu, sê hulle behoort die direkteur van openbare vervolging se besluit voor die volgende hofverskyning later vandeesmaand te hê.