Zondo Kommissie: Die direkteur van Crowe Forensics getuig vandag verder oor beweerde korrupsie by Prasa

Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal na verwagting vanoggend nog getuienis hoor van die direkteur van Crowe Forensics, Ryan Sacks, oor beweerde korrupsie by Prasa.

Dipuo Letsatsi-Duba, die voormalige voorsitter van die portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings, het gister in haar getuienis toegegee dat die komitee tussen 2014 en 2017 versuim het om staatsinstellings en die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou.

Volgens Duba is daar verskeie redes vir die ondoeltreffendheid van die komitees.

Sy sê die redes sluit onder meer in die onwilligheid van ministers om inligting bekend te maak, gebrekkige navorsingsvermoë asook ‘n gebrek aan politieke gewete by sekere lede van die regerende party.

Verder het sy bekend gemaak dat sy die DA se versoek in 2016 om die Guptas te laat ondersoek, gewier op advies van die parlement se regsverteenwoordigers.

Luister na potgooie hieronder