Zondo-kommissie hoor van gekonkel by Transnet

Die voormalige adviseur van die eertydse minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, Siyabonga Mahlangu, het by die staatskapingskommissie  ontken dat hy druk op senior Transnet-amptenare geplaas het om Siyabonga Gama weer in sy pos aan te stel. Gama is in 2010 weens wangedrag ontslaan. Daar word beweer Gigaba wou Gama in 2011 as uitvoerende hoof van Transnet se spoorvrag-afdeling aanstel. Mahlangu word daarvan verdink dat hy boodskappe van Gigaba en die voormalige president Jacob Zuma na amptenare van staatsondernemings herlei het om met die Guptas saam te werk.

Luister na potgooie hieronder