Hoofregter Raymond Zondo weier om betrokke te raak by die proses om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm.
Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het saam met nog ander politieke partye, gevra dat Zondo ‘n vergadering met alle politieke partye in die parlement te belê.
Die partye wil hê die ANC moet sy voorstel vir ‘n regering van nasionale eenheid behoorlik vir almal uiteensit. Zondo sê egter hy het nie ‘n mandaat om politieke partye byeen te roep oor regeringskwessies nie.