Die waardevolle werk wat deur die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gedoen is, sal nie stof vergader nie.

Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, sê die kommissie het die land gehelp verstaan dat staatskaping ’n goed georkestreerde aanval op die land is. Sy gee die versekering dat diegene wat by staatskaping betrek kan word, aan die pen sal ry.

Hoofregter Raymond Zondo, wie aan die spits van die staatskapingskommissie gestaan het, tree einde Augustus uit die amp. Hy word deur Mandisa Maya opgevolg, wat die eerste vrou in die land se geskiedenis sal word om die amp van hoofregter te beklee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×