Hoofregter Raymond Zondo het uitgevaar teen die parlement se oënskynlike rompslomp om die kommissie na staatskaping se aanbevelings te implementeer. Maroela Media berig dit sluit in om enige van die betrokkenes strafregtelik te vervolg. Zonda het Donderdag tydens ‘n seminaar oor die tydperk na staatskaping gesê dat daar ‘n jaar nadat die laaste verdoemende bevindings in die vier-jaar lange ondersoek na korrupsie in die staatsdiens onder oud-president Jacob Zuma, nog geen vordering gemaak is nie. Zondo het gesê ‘n jaar is ‘n redelike tydperk om oor die bevindings te besin maar nog niks het verander nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×