Verskeie bekendes sit vandag in die gallery in die Appèlhof in Bloemfontein, waar hofverrigtinge van oud-president Jacob Zuma se appèlaansoek oor sy vrylating op mediese parool onderweg is. Onder die bekende gesigte is die voormalige Mangaung-metro-burgemeester Olly Mlamleli, die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg en Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. Daar is ook heelwat mense buite die hof teenwoordig om hul steun aan Zuma toe te sê. Magashule het gesê hy is bly om te sien dat daar mense – swart en wit – is wat Zuma ondersteun. Magashule het gesê Zuma is oud en dat een van sy paroolvoorwaardes is om net tuis te bly. Volgens Magashule doen die oud-president niks verkeerd nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×