Oud-president Jacob Zuma gaan blykbaar in Rusland aanbly terwyl die departement van korrektiewe dienste besluit of Zuma terug tronk toe moet gaan wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer.

News24 berig volgens twee van sy bronne dat Zuma Dinsdag na Suid-Afrika sou reis, maar dat hy nou besluit het om langer in Moskou aan te bly.

Die konstitusionele hof het verlede Donderdag ‘n uitspraak gelewer wat in wese beteken Zuma moet terug tronk toe.

Die besluit oor die uitdiening van sy tronkstraf berus nou in die diskresie van die departement van korrektiewe dienste.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×