Zuma betogings ontwrig die verkeer op Natalse Hoofweg

Netwerk24 berig dat betogings die verkeer op die N-3 in Natal erg ontwrig het nadat vermoedelik ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma by die Marianhill-tolplaza buite Durban betoog het en beweer hulle is ontstoke oor sy inhegtenisneming. Betogers het elders ook bande aan die brand gesteek en vragte sand op die hoofweg gegooi.  Motors is op sekere paaie met klippe bestook en by Empangeni is suikerrietplantasies aan die brand gesteek. Sporadiese protesoptrede het in die vroeë oggendure in ander dele van KwaZulu-Natal ook voorgekom. Die provinsiale polisie sê hulle kan nie bevestig dat die protesoptrede verbind kan word met die sentiment rondom Zuma nie.

 

Luister na potgooie hieronder