Terwyl die ANC sy tugproses teen Jacob Zuma tot na afloop van die verkiesing uitgestel het, kom dit voor of die oudpresident hom nie aan hierdie jongste besluit steur nie. Netwerk24 berig Zuma is blykbaar steeds van voorneme om môre op te daag vir ‘n verskyning voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee. Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die regerende party, het gister gesê die besluit om die tugproses tot na die verkiesing uit te stel, hou met moontlike veiligheidsrisiko’s verband.

Daar word berig dat Zuma egter reken dat ‘n eksterne verslag oor veiligheid, nie die ANC oor sy interne prosesse kan voorskryf nie. Zuma is in Januarie uit die ANC-nes geskop, nadat dit bekend geword het dat die oudpresident hom vir die uMkhonto weSizwe-party beywer. Hy word daarvan beskuldig dat hy ook met die verskyning van sy naam op die MK-party se kandidatelys, die ANC se grondwet oortree het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×