Oudpres Jacob Zuma het gister bekendgemaak dat hy nie volgende jaar voor die verkiesing vir die ANC gaan steun werf nie, maar wel vir ‘n nuwe party, uMkhonto Wesizwe, of MK, gaan stem. Zuma het dit bekend gemaak tydens ‘n nuuskonferensie in Orlando-Oos, geklee in MK-regalia. Die nuwe party is glo reeds geregistreer by die Verkiesingskommissie. Hy het gevra dat alle Suid-Afrikaners hom sal volg en te beywer vir algehele bevryding en om die land aan sy regmatige eienaars terug te gee. Zuma het volgens Netwerk 24 gesê hy is teleurgesteld in die ANC onder die huidige leierskap van pres Cyril Ramaphosa en het hom beskryf as ‘n plekhouer van wit-monopolie-kapitaal. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×