Oudpresident Jacob Zuma het 21 dae om te appelleer teen sy skorsing as lid van die African National Congress. Die ANC-nasionale dissiplinêre komitee sê Zuma is skuldig aan oortreding van die party se grondwet. Volgens die komitee het Zuma die party ernstig te na gekom deur hom met Meimaand se algemene verkiesing te beywer om die ANC uit die kussings te probeer lig.
Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal, sê sy optrede is onversoenbaar met partybeleid. Mits hy op appèl slaag, sal sy ANC-lidmaatskap van meer as 64 jaar beëindig word. Op 82 sal Zuma dan ook die oudste lid wees om uit die party geskop te word.