Die leier van die MK-party, Jacob Zuma, het die party se Mpumalanga-leier, Mary Phadi, afgedank.
Dit kom te midde van bewerings van haar betrokkenheid by ‘n sluipmoordkomplot.
Die polisie het Phadi vroeër vanjaar ondersoek nadat bewerings opgeduik het dat sy huurmoordenaars gehuur het om haar provinsiale mededinger in die MK-party, generaal Tough Mdluli, te vermoor.
Mdluli het in Augustus ‘n saak teen Phadi geopen nadat hy doodsdreigemente en stemopnames ontvang het waarin ‘n beweerde komplot om hom te vermoor, bespreek is.
Volgens die MK-party is haar verbintenis met Zuma se party is ook beëindig.