Zuma het ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien dat adjunkhoofregter Zondo hom aan die staatskapingskommissie moet onttrek

Volgens die voormalige president, Jacob Zuma se regspan is hulle vol vertroue dat sy aansoek dat regter Raymond Zondo hom aan die staatskapingskommissie moet onttrek, suksesvol sal wees. Ulrich Roux, ‘n regskenner sê egter die kans is skraal. Roux sê dat die hofsaak weer tot vertragings kan lei soos wat met ander sake teen Zuma die geval was, hy het ook gesê daar is geen bewyse dat besluite geneem is op grond van ‘n familieverbintenis tussen Zuma en Zondo nie.

Zuma het ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien dat adjunkhoofregter Zondo hom moet onttrek. Zuma is veronderstel om more voor die Zondo-kommissie te verskyn. ‘n Lasbrief is vroeër uitgereik om Zuma te dwing om weer voor die kommissie te verskyn nadat hy nie in September opgedaag het nie.

Luister na potgooie hieronder