Die kieshof lewer na verwagting vandag uitspraak in die MK-party se appélsaak teen die OVK, om die naam van oudpresident Jacob Zuma op die kieserslys te kry.
Die OVK het gister in die kieshof-sitting in die Johannesburgse hoogeregshof gesê wette kan nie daargestel word deur diegene wat die einste wette oortree nie. Die OVK se
advokaat Thamba Ngcukaitobi, sê minagting van die hof – waaraan Zuma skuldig bevind is – bly ‘n misdaad, en dat die Grondwet nie herskryf kan word nie.
Advokaat Dali Mpofu tree vir die MK-party op. Mpofu het dit aan die hof voorgehou, dat die OVK nie oor die gesag beskik om iemand te verhoed om lid van die parlement te word nie.