Die wapentransaksie-korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma is vandag terug in die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal vir ‘n voorverhoor.

Zuma staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery omdat hy na bewering omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales geneem het.

Die verhoor kom ná Zuma se aansoek om die aanklaer, Billy Downer, weens beweerde vooroordeel uit die verhoor te verwyder. Die verhoor sal na verwagting tussen April en September volgende jaar voortduur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×