Oudpres. Jacob Zuma se aansoek om appél in die hooggeregshof in Johannesburg om Pres. Cyril Ramaphosa privaat te laat vervolg, is vandag met koste van die hand gewys. Volgens Netwerk 24 sou Zuma appelleer teen dieselfde hof se vroeëre uitspraak in Junie toe sy private vervolging van Ramaphosa as onwettig en ongrondwetlik verklaar is en tersyde gestel is. Regter Lebogang Modiba, wat die uitspraak aanlyn gelewer het, het gesê die jongste uitspraak was eenparig. Zuma het aangevoer sy vervolging kom daarop neer dat die president saam met adv. Billy Downer, die staatsaanklaer in sy wapenskandaalsaak, en die News 24 joernalis, Karyn Maughan, medepligtig was aan die uitlekking van Zuma se mediese inligting. Zuma het van die president verwag om in te gryp toe hy by die president daaroor gekla het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×