Die redakteur van die nuusagentskap, News24, Adriaan Basson, het gesê oudpresident Jacob Zuma se private vervolging van een van sy joernaliste is duidelike magsmisbruik en boeliegedrag. Dit volg nadat Zuma ‘n private vervolging teen staatsadvokaat Billy Downer en die joernalis, Karyn Maughan begin het. Zuma beskuldig die mediamaatskappy daarvan dat dit besonderhede van sy mediese toestand gepubliseer het nadat hy op parool vrygelaat is. Basson het gesê daar is niks vreemds daaraan vir die media om toegang tot hofdokumente te kry nie. Downer en Maughan moet albei eersdaags in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×