Zuma sal miljoene rande, om sy regskoste terug te betaal, iewers moet vind

Lebohang Mokhele, ‘n regskenner, sê die Appèlhof in Bloemfontein se beslissing teen die gewese president Jacob Zuma, sal beteken dat Zuma miljoene rande om sy regskoste terug te betaal, iewers sal moet vind.

Soos vroeër berig het die hof Zuma se appèl teen ‘n hooggeregshofbeslissing van die hand gewys.

Die Pretoriase Hooggeregshof het bevind dat die staat nié aanspreeklik gehou kan word vir Zuma se regskostes van sake wat in sy private hoedanigheid hanteer word nie.

Zuma het die Staatsprokureur in 2006 en 2008 versoek om regshulp van die Staat nadat hy aangekla is van geldwassery, korrupsie en rampokkery in verband met die wapentransaksieskandaal in die negentigerjare.

Luister na potgooie hieronder