Zuma sal nie vandag in die hof wees wanneer die Zondo-uitspraak gelewer word nie.

Oudpresident Jacob Zuma sal nie vanoggend die konstitusionele hofuitspraak in die saak van minagting van die hof in Johannesburg bywoon nie.

Mzwanele Manyi, sy woordvoerder wou, volgens Netwerk 24, om veilgheidsredes nie bekendmaak waar Zuma hom sal bevind tydens die uitspraak 10:00 vanoggend nie.

 

Intussen is ook verneem dat die veterane-vereniging Umkontho we Sizwe, groot ondersteuners van Zuma, weens die huidige Covid-19 situasie, nie vanoggend buite die hof sal betoog nie.

Die DA het Maandag ‘n verklaring uitgereik waarin hy die hoop uitspreek dat die konstitusionele hof Zuma ten volle verantwoordelik sal hou vir sy weiering om voor die kommissie te verskyn.

Luister na onlangse Pogooie:

Luister na potgooie hieronder