Zuma sal nie vandag, soos geskeduleer, voor die Zondo-kommissie verskyn nie

Oudpresident Jacob Zuma se regspan het in ‘n skrywe aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping bevestig dat hul kliënt nie vandag, soos geskeduleer, vir die sitting gaan opdaag nie.

Zuma is vroeër deur die kommissie gedagvaar om vandeesweek te getuig en die Konstitusionale Hof het beslis dat Zuma voor die kommissie moet verskyn.

Zuma se regspan sê egter in ‘n skrywe dat Zuma nie aan die onlangse beslissing van die Konstitusionele Hof gehoor gaan gee nie.

Van die redes is omdat sy aansoek dat adjunkhoofregter, Raymond Zondo hom as voorsitter moet verskoon, nog nie aangehoor is nie.

Hulle voer verder aan dat die lasbrief wat aan hom gerig is om vandeesweek voor die kommissie te getuig, onregmatig is.

Luister na potgooie hieronder